Die groep Gevoel van Veiligheid, het die afgelope twee tot drie jaar tyd in Ruan Graaff se ateljee spandeer om hul nuwe album Man in die maan, te voltooi.
Die titelsnit van die album is ook hul splinternuwe enkelsnit, wat 20 Julie aan die publiek bekendgestel word. Volgens ’n mediaverklaring reik die groep juis die enkelsnit op 20 Julie uit omdat dit ook die dag is waarop Neil Armstrong vir die eerste keer op die maan was.
“Man in die maan vat jou terug na jou kinderdae, toe ons nog in die eenvoudige dinge in die lewe kon glo,” vertel Deon Roos, een van die groeplede.
Gevoel van Veiligheid is in 2011 gestig as ’n akostiese duo. Aan die einde van 2011 is hul eerste enkelsnit Skaterlag uitgereik op die destydse MK-kanaal. Sedert die uitreiking het hulle ’n verhoog met talle Suid Afrikaanse musikante gedeel, nog sewe enkelsnitte uitgereik, ’n paar keer op die kleinkassie verskyn en ’n breuk gevat om hul album te voltooi.
Oor di
Continue reading…